Ons Visie, Ons Geloof

Ons Roeping

Wie Is Ons?

Groeipunt Gemeente is ‘n familie gemeente met ‘n passie om van alle persone in Mokopane en die omliggende omgewing passievolle dissipels van Jesus te maak. Ons is deel van die A.G.S. van S.A. (Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika) en is die grootste Pinksterkerk in Suid-Afrika. Die term Pinkster kom van die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2, en is ‘n beskrywing vir kerke wat sterk fokus op persoonlike en ervaringsgerigte geloof, die doping van die Heilige Gees en die werking van geestelike gawes.
Ons glo dat die Heilige Gees gegee word aan gelowiges om dinamiese en oorwinnende lewens te leef, en ons glo dat ons gedoop word in die Heilige Gees vir diens vir ‘n belangrike rede: om die mandaat van Matteus 28:19-20 kragtig uit te voer!

Wat Glo Ons?

  • Ons glo in die ewige, drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Ons glo dat die Bybel die Woord van God is, geskryf deur die mens onder die inspirasie van
    die Heilige Gees.
  • Ons glo dat Jesus Christus deur Sy kruisdood versoening vir die mens bewerk het, en dat
    elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh 3:16).
  • Ons glo dat die doop ‘n reaksie op bekering is. Daarom doop ons mense nadat hul tot geloof
    gekom het by wyse van onderdompeling soos deur Jesus gemodelleer.
  • Ons glo in die doping van die Heilige Gees, en erken die gawes van die Gees.
  • Ons glo dat die huwelik ‘n Goddelike instelling is tussen een man en een vrou.
  • Ons glo dat Jesus Christus op die God-bestemde weer sal terugkeer om sy kerk te kom haal soos Hy belowe het.
  • Ons glo in die oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel, die ewige lewe vir die regverdiges en die ewige straf vir die goddelose.
  • Ons glo dat die kerk die mandaat het om die evangelie uit te dra na alle nasies, die boodskap van versoening met die Vader, deur Jesus Christus (2 Kor 5:18).